Jaarboeke

Etiek en regsleer 710


 
Modulekode RLE 710
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud Ten einde 'n goeie gesondheidspraktisyn te wees, word 'n lewenslange verbintenis tot gesonde professionele en etiese praktyke sowel as 'n oorkoepelende toewyding aan die belange van die medemens en gemeenskap vereis. Die term "professie" beteken 'n "toewyding, belofte of verbintenis wat in die openbaar gemaak word". Praktykvoering as 'n professionele gesondheidsorgwerker is gebaseer op wedersydse vertroue tussen pasiënte en gesondheidsorgpraktisyns. In die uitvoering van hul pligte word dit van gesondheidspraktisyns vereis om te voldoen aan sekere gedragsreëls. Die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) het 'n stel reëls geformuleer waarteen klagtes van professionele wangedrag geëvalueer sal word. Hierdie reëls word in die basiese vak, Etiek en regsleer aangebied.
Modulekrediete 30.00
Voorvereistes Ten minste een jaar praktykervaring
Kontaktyd bepaal deur Departementshoof
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Tandheelkundige Bestuurswetenskappe
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences